Pika-Nini Kleuterskool
1911 Vanderbijlpark, Suid-Afrika
Pika-Nini Kleuterskool Company Information
General information
WELKOM BY DIE PIKA-NINI SPAN
BESTUUR
Jana Vosloo
KWALIFIKSIES
Ek het Drama, met hoofvak Sielkunde studeer aan die Universiteit van Pretoria en ‘n nagraadse sertifikaat in onderwys met spesialisering in vroeë kinderonderring en ontwikkeling voltooi.
Ek het ook ‘n Vlak 1 Noodhulpkursus voltooi.
ERVARING
Ek het twee jaar skoolgehou by Destinata in Meyerton by die graad 1 klas (vir leergestremde kinders).
Ek het baie nou saam arbeidsterapeute, spraakterapeute, remediërende terapeute en sielkundiges gewerk.
WAAROP FOKUS DIE SPEELSKOOL
Ek het besef dat daar ‘n gaping in die mark is vir Christelike speelskole wat kinders in totaliteit stimuleer.
PIKA-NINI Speelskool wil fokus op u kind se fisiese, emosionele, intellektuele en sosiale ontwikkeling.
OUDERDOMME
Die Speelskool aanvaar kinders van die ouderdom 3 Maande tot 5 Jaar en volg ‘n daaglikse roetine asook ‘n jaarlikse uitgewerkte leerprogram.
By PIKA-NINI Speelskool is daar nie meer as agt kinders in die klassie nie, dit verseker individuele aandag en tyd aan elke kind. Dit verseker ‘n hegte band en baie liefde, dinge wat die skool baie hoog ag.
VAARDIGHEDE WAT ONTWIKKEL WORD
Groot en fyn motoriese vaardighede, verbeelding, luister en verstaan, getalkonsepte, woordkonsepte, leierseienskappe, buitemuurse aktiwiteite, partytjies, spesiale geleenthede en groepbyeenkomste is vir ons as Speelskool baie belangrik.
BUITEMUURSE AKTIWITEITE
‘n Professionele span werk weekliks met u kind in Kinderkinetika, Kindermusik, Kunsklas en Zeely Weely Buddies (ingsluit by skoolfonds) om by te dra tot u kind se ontwikkeling.
TERUGVOER
U sal weekliks terugvoering ontvang van u kind se aktiwiteite en doen en late by die skool. U sal ook twee maal per jaar ‘n volledige vorderingsverslag van u kind se ontwikkeling en vordering ontvang.
VISIE
PIKA-NINI Speelskool poog om saam met ouers/voogde in ‘n span, ‘n Christelike, liefdevolle, selfstandige, gelukigge kind groot te maak wat gereed is vir die wêreld en sy uitdagings.
Theal street 29 Vanderbijlpark
- Opening hours
-
Maandag:06:30 - 17:00Dinsdag:06:30 - 17:00Woensdag:06:30 - 17:00Donderdag:06:30 - 17:00Vrydag:06:30 - 17:00
- Parking
- The company has a parking lot.
- Phone number
- +27169321772
- Linki
- Social Accounts
Pika-Nini Kleuterskool Reviews & Ratings
How do you rate this company?
Are you the owner of this company? If so, do not lose the opportunity to update your company's profile, add products, offers and higher position in search engines.